Table Of ContentHOOFSTUK 6
FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE BOERERATE
6.1 Familie resepte
BEESSTERT
1 beesstert
1 ui in skywe gesny
1 wortel opgesny
6 kruienaaltjies
Paar peperkorrels
1½ eetlepel meelblom
1 eetlepel margarine
1 lourierblaar
1 blikkie botterbone
Voeg vleis in goeie kastrol en laat lank prut met al die speserye totdat been sag word. Skep oortollige
vet af. Plaas wortels en bone by en laat deurkook.
SAMPIOEN-SOUS
250 g sampioene in klein stukke
Rasper klein ui by
Verhit op stoof met bietjie botter tot sag
Voeg 250 ml vars room by
Kook liggies vir ongeveer 20 mininute
Geur met swartpeper, sout en knoffel na smaak
Verdik indien nodig.
BLATJANGHOENDER
1 koppie blatjang
1 desertlepel bruinsuiker
1 teelepel kerriepoeier
1 eetlepel olie
1eetlepel suurlemoensap
1teelepel gemmer
Meng bestanddele en gooi oor hoenderporsies. Bak totdat hoender gaar is.
SKAAPAFVAL
1 skaapafval, skoon gemaak
1 liter water (4k)
12,5 ml botter of margarien (le)
2 uie, gekap
10 ml kerriepoeier (2t)
5 ml borrie (1t)
5 ml sout (1t)
10 ml suiker (2t)
12,5 ml asyn-opsioneel (le)
mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water
Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by en plaas die deksel op. Laat die vleis opkook en skep
dan die skuim wat bo-op vorm, af. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water
aan, indien nodig. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op
314
prut totdat die aartappels gaar is. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte
mielieblom. Kook ongeveer 45 minute lank in 'n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van
die ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook wanneer dit in die
drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap. Smelt die botter of margarien en soteer die
uie daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg die
uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker by. Roer dit goed deur. Kook dit
totdat die aartappels gaar is. Proe, en voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die
sous met mielieblom (indien nodig).
POTBROOD
375 ml louwarm water
15 ml suiker
30 ml botter
10,5 ml korrelgis
6 x 250 ml meel
10,5 ml sout
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel good
skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water
by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1
uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm
'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan
die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op
200. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur.
Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n
ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak.
BRUINPOEDING
Mengsel:
1 eier
2 eetlepels olie
½ koppie magarien
1 koppie suiker
5 teelepel sout
1 eetlepel stroop
Meng bestandele goed
1½ koppie meel
1 teelepel gemmer
½ koppie melk voeg 1 teelepel koeksoda en laat staan vir ‘n rukkie
Meng bestandele al die bogenoemde
Vir stroop:
3 koppies kookwater
1 koppie suiker
½ teelepel vanilla / lemoengeursel
Kook vir 5 minute
Voeg mengsel in stroop en bak vir 30 minute teen 180 grade.
315
HOENDERLEWER PERI-PERI
2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak
125 ml suurlemoensap of asyn
125 ml olie
10 ml wostersous
2 eetlepels tamatiesous
2 teelepels paprika
½ teelepels droë mosterd
1½ eetlepel peri-peri
2 tot 3 knoffelhuisies
Sout peper en suiker na smaak
Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat vir eendag, prut oor lae hitte vir ongeveer 7
minute of totdat die sous lekker dik is. Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n
voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.
HOENDERPASTEI
Genoeg hoender vir gesin
Gemengde groente en sampioene
Ui
Sout en peper
Bestanddele - Kors
1 eier
1 koppie meel
1 t bakpoeier
Sout en peper na smaak
Kruie en speserte
Kook die hoender en ui saam tot hoender sag is. Skep hoender uit die water en laat afkoel. Vlok die
hoender en hou eenkant. Kook nou die groente sommer in die hoender aftreksel. Gooi die meel en
bakpoeier in 'n mengbak. Gooi nou sout, peper en kruie en speserye na smaak in. Maak gaaitjie in
middel en breek die eier daarin. Meng goed en begin om melk stadig by te voeg. Die mengsel moet
slap wees maar nie te loperig nie. Meng die hoender en groente in 'n ander mengbak. Plaas nou die
hoender mengsel in 'n oondbak. Gooi die deeg nou oor die hoender en bak in 'n matige oond tot
mooi bruin.
BESTE VLEIS MARINADE
250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur
na smaak.
316
KLUITJIES
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en
melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit
water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat
kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n
diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg
kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
PYNAPPELBIER
Een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor.
Versoet na smaak. So word bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat bygevoeg gaan word.
Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis. Versnel die proses
gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te
drink. Plaas in yskas om koud te word.
BOBOTIE
500 gram maalvleis
2 snye brood geweek in ½ koppie melk
¼ pakkie fyn spek
1 ui gekap
Handvol rosyne
1 teelepel kerrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 piesang
1 appel in blokkies gesny
½ pakkie sampioensop - droog
1 koekie vleisaftreksel
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res
van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk
en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin.
BOEREWORS
5kg beesvleis
1kg varkvleis
1,5kg varkspek
60ml sout
15ml peper
45 ml fyn koljander
15ml fyn naeltjies
317
25 ml fyn piment
7,5ml fyn neutmuskaat
190ml asyn
worsderm
Sny die vleis in blokkies van sowat 2cm x 2cm. Verwyder al die senings en meng die vleis. Sny die
spek in dobbelsteentjies Bedek die tafel of werkoppervlak met plastiek en sprei die vleistukkies daarop
uit. Meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis. Sprinkle die asyn oor. Sit die mengsel
in ‘n vleisskottel en laat dit 10 tot 15min staan. Maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by. Laat
dit nog 30 min staan en stop dan groot, goed skoongemaakte worsderm daarmee. Rooster of braai die
wors oor kole of in ‘n braaipan oor matige hitte.
PEPPERMINTTERT
1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 pak Orley Whip
1½ koppie melk
3 teelepels versiersuiker
1 pakkie kits Karamelpoeding
Soet wyn of sjerrie
Peppermint Crisp
Klits versiersuiker en orley whip goed saam. Klits die poeding en melk ook. Voeg die twee mengsels
bymekaar. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper
sjokolade oor. Herhaal die lae. Laat in yskas om goed styf te word.
POTBROOD
375 ml louwarm water
15 ml suiker
30 ml botter
10,5 ml korrelgis
6 x 250 ml meel
10,5 ml sout
Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel goed
skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water
by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1
uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm
'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan
die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op
200°. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur.
Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n
ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak.
MELKTERT
Kors:
250 g Margarien
1 Dessertlepel suiker
2 Koppies meel
Sout
Smelt margarien.
Voeg suiker en sout by.
Roer meel in (die deeg moet sag wees om in die tertbakke te smeer - as te sag, voeg nog meel by).
Smeer baie dun in tertbakke. Bak tot ligbruin teen 180°C.
318
Vulsel:
8 Koppies melk
1¾ Koppies suiker
4 Groot eiers, wit en geel geskei
2 Groot lepels margarine
1½ Koppies Maizena
1 Dessertlepel meelblom
¼ Teelepel bakpoeier
2 Teelepels vanielje geursel
Kaneel
Meng suiker, maizena, meel en eiergele eers met 'n bietjie van die melk. Klits dan die res van die melk
by. Plaas in kastrol en roer met houtlepel. Voeg margarien, vanielje en bakpoeier by. Roer en kook tot
dit dik is. Voeg dan styfgeklitste eierwitte by. Sprinkel met kaneel. (Vulsel genoeg vir 3 terte).
KERRIEHOENDER
1 hoender, gekook en ontbeen
20 ml paprika
1 appel, gerasper
1 ui, gerasper
1 blik (283 g) room van sampioensop
1 blik (283 g) knopies sampioene
250 ml room
25 ml warm kerriepoeier
Sout en peper
Braai ui en appel gaar en voeg kerriepoeier by. Voeg ander bestanddele by en laat stadig kook vir ± 10
minute. Pak hoender in bakskottel en gooi kerriemengsel oor. Bak in oond van 180 °C tot gaar.
MIELIETERT
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
40 ml suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
60 ml gesmelte margarien
4 eiers geklits
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en
gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.
VETKOEK
500 ml lou water
10 ml suiker
10 ml droëgis
250 ml (5 x) meelblom
10 ml sout
25 ml olie
Roer suiker in lou water en gooi gis by. Laat rys tot gis bo dryf. Sif meelblom en sout saam. Voeg olie
by gis, meng met meelblom en knie goed. Laat rys vir 50 minute. Maak op in vetkoeke. Plaas op
oliegesmeerde blad. Sit plastiek oor en laat weer vir 20 min rys. Braai in diep olie.
319
BOERE BESKUIT:
3 koppies melk
3 koppies suiker
3 eiers
3 eetlepels botter hoogvol (marg)
1 ½ koekie suurdeeg
3 teelepels sout
2,5 kg meelblom
Neem groot glas vrugtefles (canned fruit bottle) ¾ vol lou water. Los suurdeeg daarin op
Kook melk, suiker en botter saam en laat afkoel.
Klits eiers goed en voeg by suurdeegmengsel.
Voeg gekookte mengsel ook by
Voeg meel en sout by
Roer met had tot taamlike slap deeg – moenie knie nie.
Meng deeglik
Laat oornag rys in warm plek(pak komberse bo-op om warm te hou)
Knie volgende oggend af, maak balletjies en sit in panne
Laat staan in panne tot dubbel gerys.
Bak 1 uur 10 min 300° C of 160° C.
MIN MOEITE BESKUIT
7 koppies meel
7 hoogvol teelepels bakpoeier
3 eiers
sout
1 koppie suiker
1 koppie margarine
1 ½ koppie ryk melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Vryf botter in
Klits eiers en suiker saam
Roer meel om beurt met melk en eier mengsel by
Meng deeglik
Bak 15 min 400° C
MELKPAP
3 eiers
1/2 t sout
1 k koekmeelblom
water
kokende melk
2 stukke kaneel
kaneelsuiker
Klits eiers en sou effens
Voeg koekmeelblom by en meng goed
Voeg water by om stywe deegte vorm
Skep in borde en strooi kaneelsuiker oor.
6.2 Algemene Boererate
320
Geen navorsing kan afsluit sonder om ‘n gedeelte te wy aan die ou Boererate soos deur die
oorgeslagte gebruik is nie. Gebruik dit veral die eerste een …
SPANTOU: vir stoute ore.
VYE MELK
Vir vratte, plaas die wit vye melk op die vratjie en die ou mense het geglo as jy hom na die maan blaas,
sal hy vinniger verdwyn.
JAMAICAGEMMER
Dit werk vir 'n ongestelde maag.
NAELTJIE OLIE
Dit help vir tandpyn.
KALIUMPERMANGANAAT
Gebruik dit op omlope.
BABA SE BRANDBOUDJIES
Wit van een eier - liggies geklits. Maizina - gooi in leë babapoeierblikkie. Smeer eierwit aan met watter
en strooi maizina - doen dit met elke doek wat omgeruil word. Dit vorm ‘n skilletjie op die boudjies.
BEDSERE
Neem die wit van 'n eier en brandewyn, roer dit goed en susses dit aan. Skoon brandewyn is ook
goed. Smeer dit elke aand aan.
BENOUDE BORS
Smeer ongebleikte linne met bokvet, strool skoorsteenroet daarop en sit dit op die bors.
BEROERTE
1 groot mespunt Engelse sout, 1 groot mespunt rool poeier. Gee die pasiënt dit in. Hou die voete tot
aan die kniee in 'n mostertbad.
321
BLAAS, NIER, NIERSTENE
Meng saam:
1 Botteltjie haarlemensis
1 Botteltjie swawel balsem
1 botteltjie balsem kopiva
Drink 12-15 druppels op melk of suiker. Verkieslik in die aand of
1 Botteltjie halemens druppels
1 botteltjie witdulsies
1 botteltjie terpentyn
1 botteltjie balsemsulphirus
1 botteltjie olyf olie.
Alles gelyke dele – meng goed en drink 1 teelepel vol 3 maal per dag.
BLAASINFEKSIE
Neem twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning in 'n glas lou warm water. Dit vernietig
kieme in die blaas.
BLOEDARMOEDE
Twee groot rou beet, grof gerasper in 'n glasbak. Giet 'n bottel Port daaroor. Voeg een botteltjie
Lennon Versterkdruppels daarby Laat staan oornag om te trek. Gooi deur doek en bêre vloeistof in
yskas. Drink 3 keer per dag 'n kwart koppie vol. Party resepte gebruik Milk Stout (bier) in plaas van
Port. Ander gebruik Lennon staaldrupples in plaas van Versterkdruppel.
BLOEDING
Sit terpentyn op die wond. Die voering van 'n ou hoed Is ook baie goed om op die wond te sit. Gooi
'n hele klomp peper op snywonde wat nie wil ophou bloei nie. Die peper laat die bloed stol en dit
brand nie.
BLOEDSUIKER
Brokkoli en grondboontjies. Die chroom beheer die insullien en bloedsuiker.
BLOEDVINTE
Maak ‘n pasta van witbrood en warm water. Sit die pasta so warm as moontlik op die swere.
BORS (SLEGTE BORS)
1 Groot handvol wildeals
1 botteltjie pepermint druppels
1 botteltjie Borsdruppels
1½ koppie bruin suiker
Kook wildeals 10 minute. Suig deur. Kook saam met bogenoemde tot stroperig.
Drink 1 desert lepel vol 3 maal per dag.
DOOFHEID
Sny 'n hasie oop en druk die water uit die blaas in 'n fles. Gooi 2 druppels 2 maal per dag in die oor.
Steek 'n pluisie in die hasiewater en dan in die oor en maak gedurig weer nat.
GAL EN GORDELROOS
1 teelepel borrie
½ glas water.
Drink 3 maal per dag.
322
GALSTENE
Neem 'n kwart glas (gewone bierglas) vars melk, vul dit op met olyfolle, voeg 'n teelepel kremetart en
een teelepel koeksoda by, roer die mengsel goed deurmekaar en drink dit in die vooraand. Neem dan
3 uur later 2 bile beans pllle en die daarop volgende oggend een goeie dosis Engelse sout op nugter
maag. Bly die eerste en tweede dag sonder vaste voedsel. Herhaal alles 14 dae later.
GOED GESLUK
'n Speld en goed word soms gesluk deur kinders en die verpleging moet bestaan om die speld deur die
ingewande te laat passeer. Met dié doel moet 'n groot kwantitelt ertappels gegee word en nie ander
voedsel nie, totdat die speld gepasseer het. Moenie purgeermiddels gee nie.
HAARVERLIES
Mense wat aan haarverlies of kaalhoofdigheid lei kan 'n pasta van warm olyfolie, een teelepel heuning
en klein bietjie kaneelpoeier aan hul kopvelle smeer voor badtyd. Laat dit vir 5 minute en was dan jou
hare.
HART
1 Botteltjie Alma Hartdruppels
1 Botteltjie Witdulsies
Meng saam en drink 18 druppels 3x per dag.
(Ook goed vir senuwees)
1 Botteltjie krampdruppels
1 botteltjie versterkdruppels
1 botteltjie Alma hartdruppels.
HARTKLOPPINGS
Moet nooit saans te veel of onverteerbare kos eet nie. Lê nooit op jou linkersy of op jou rug nie.
Verdryf alle swaarmoedige gedagtes en laat snags 'n lampie brand.
HARTKWAAL
Maak 'n pasta van heuning en kaneelpoeier en eet dit gereeld as 'n smeer op brood. Dit voorkom die
opbou van cholesterol in die are en voorkom hartaanvalle. Dit verminder ook die kanse van 'n tweede
aanval drasties. Brandnetels soos tee laat trek met rooi laventel Brandnetels gedroog en op brandewyn
laat trek. Neem 1 eetlepelvol driemaal op 'n dag. Laat lemoenblare soos tee trek. Drink twee eetlepels,
driemaal op 'n dag.
HARTWATER
Gebruik kanfersopies. Neem bronkors, stamp dit fyn en druk dit deur sonder water. Neem 'n half
bottel van die bronkorssap en vul die bottel verder met heuning. Sit die bottel in 'n brood voordat die
brood in die oond kom. Laat die bottel in die brood bak en koud word. 1 bottel franse brandewyn, 1
bottel ruisementtee, kwart bottel rou heuning, 25 van die sterk epermentkoekies (extra strong), 1
flessie kamille-essens, van die groot plat bottels. Die ruisementtee moet so warm wees, dat die
pepermente en heuning smelt. Gooi die ander goed by as dit koud is. Neem 3-maal op 'n dag 'n
kelkievol, en al om die ander dag nege druppels Haarlemmerolle, met slaaptyd.
HOESMEDISYNE
1 Botteltjie borsdruppels
1 Botteljie Turlington
1 Botteljie Paragoriese Elikser
1 Botteljie Pepermentdruppels
500gm Heuning
323
Description:FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE BOERERATE. 6.1. Familie resepte
1teelepel gemmer .. Party resepte gebruik Milk Stout (bier) in plaas van. Port.